Stalag 17-Coenie De Villiers/Errol Dyers

专辑 : Hartland
语种 : 英语
时长 : 03:57

DOLBY 杜比全景声 下载

臻品母带 下载

臻品全景声 下载

臻品音质

HIRES Hi-Res 下载

FLAC 无损flac 百度云网盘下载

APE 无损ape 格式下载

320MP3 极高mp3 歌曲下载

128MP3 标准mp3 百度网盘下载

192OGG 较高ogg 下载

192AAC 较高aac 下载

96AAC 标准aac 百度云下载

Loading...

TXT Stalag 17-Coenie De Villiers/Errol Dyers 文本歌词

Stalag 17 - Coenie De Villiers
Hy is 'n oorlogsveteraan wat die verskrikking van die
Stalag 17 kamp oorleef het deur aan 'n besonderse
herinnering vas to kleef: 'n groep sigeuners het buite die
kamp verbygetrek. Hy het gesien hoe die sigeunermeisie
in haar rooi rok die dans van die sigeuners, die czarda,
dans. Sy was onbereikbaar vér anderkant die rolle
doringdraad; hier binne was dit slegs sneeu wat oor
die barakke neersif. Nou is hy oud en vergete; saans pak
hy sy medaljes uit op die bed. In sy klein woonstelletjie
hoog bo die besige strate van Hillbrow dink hy aan haar,
die sigeunerin van Stalag 17.
Hoog bo die stad
woon 'n man oorspronkilk uit Daljosafat
met net 'n stoel en 'n bed en medaljes wat
herinner aan dae lank vervloë
Lank reeds versoen
met die pyn en sy pensioen
'n veteraan van digby tagtig jaar
se oorlog en vrede
En soms as hy staar
deur die rookbeleë skemer waar
die aandverkeer 'n halssnoer bind
deur die stad se donker labrint
(koor)
Dink hy aan Stalag 17
waar hy eens deur die draad
'n sigeunerin kon sien
wat soos 'n bloedvlek teen
die somber woud se sneeu
'n laaste czarda dans...
Die foto vergeel
maar sy naam bly stees 'n belangrike deel
van 'n ou en 'n byna vergete verhaal
wat vertel van oorlog en vrede
Deur die donker beleër speel hy solitêr
om die gedagtes te keer wat telkens dwing
om deur sy skanse te dring
en die spel te verbreek
En soms as hy tuur
deur die masker van die donker uur
word die stad se lig 'n firmament
maar die flikkering bly onbekend
(koor)

Stalag 17-Coenie De Villiers/Errol Dyers 推荐歌曲