Solly en Ma-Coenie De Villiers/Errol Dyers
DOLBY 杜比全景声 下载
臻品母带 下载
臻品全景声 下载
臻品音质
HIRES Hi-Res 下载
FLAC 无损flac 百度云网盘下载
APE 无损ape 格式下载
320MP3 极高mp3 歌曲下载
128MP3 标准mp3 百度网盘下载
192OGG 较高ogg 下载
192AAC 较高aac 下载
96AAC 标准aac 百度云下载
Loading...
TXT Solly en Ma-Coenie De Villiers/Errol Dyers 文本歌词
Solly en Ma - Coenie De Villiers/Errol Dyers
Solly was 'n boerejood
Op reis van plek tot plek
Met knope en lappe sy brood verdien
Dog kwalik sy petrol gedek
En deur die jare het solly aan ma
Meer as knope en garing verkoop
Haar oë was nou immer op die pad gerig
In haar hart was daar skielik weer hoop
Na ete dan vat hy my ma se hand
En die kinders moes buite bly
Maar selfs na jare se kom en gaan
Bly sy woorde my steeds nog by
Koor
Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel
Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde
Lê my hart se horison
Die jare het verbygeflits
Die lewe was goed vir ma
Solly het haar weer 'n vrou gemaak
Gehelp om die las te dra
Maar eendag het ons nuus gekry
Van die buick op 'n draai in die pad
Ma se hart het ineengekrimp
Want die here het solly gevat
Ek weet dit was sonde het my ma gebieg
En die singer getrap dat hy dreun
Want 'n vrou bly 'n vrou en solly was man
Maar wat sal jy weet my seun
En tog onthou ek sy sagte oë
As hy vra of ons buite sou bly
En selfs na jare se kom en gaan
Bly sy woorde my steeds nog by
Koor
Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel
Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde
Lê my hart se horison
Kom ek en jy gaan vye pluk
En ons los die kind om te speel
Die lewe is hard en die bietjie geluk
Wat ons het my lief moet ons deel
Want dis rooier as 'n malva
En dis so seker soos die son
Selfs anderkant die liefde
Lê my hart se horison