Jacob Klipkop-Piet Botha

歌手 : Piet Botha
专辑 : Die Mamba
语种 : 纯音乐
时长 : 05:42

DOLBY 杜比全景声 下载

臻品母带 下载

臻品全景声 下载

臻品音质

HIRES Hi-Res 下载

FLAC 无损flac 百度云网盘下载

APE 无损ape 格式下载

320MP3 极高mp3 歌曲下载

128MP3 标准mp3 百度网盘下载

192OGG 较高ogg 下载

192AAC 较高aac 下载

96AAC 标准aac 百度云下载

Loading...

TXT Jacob Klipkop-Piet Botha 文本歌词

Jacob Klipkop - Piet Botha
My naam is Jakob Klipkop
Ek het in die oorlog baklei
Maar dis nou alles in die verlede
So sê hulle vir my
Maar dis nie altyd so maklik
Veral hier by Nuwejaar
As die crackers so skiet
Vang ek net spoke
Dis reguit terug na die bar
Want ek weet ek sal vir Blikkies daar kry
Daar in die verste hoek
Ou Blikman het net een arm
Die ander een is nog soek
Iewers noord van Ondangwa
In die dongas en die gras
Nou praat my ou maat maar min hierdie dae
Hy staar net so in sy glas
En Willem die boerseun van Rietfontein
Ons hoor hy't dit kwaai verloor
Met dinamiet gaan speel op die plaas
En die kardinaal die gaan saam
Hy' die ou opstal die lug in geblaas
Met al die ou familiefoto's en al
Nou Whitey dit was anders
Want dit was daarbo in die bos
Maar die engelse luitenant
Sy verhaal maak my baie bang
Hy 't dit alles gehad
Ook die breins en die hart
Maar toe die oorlog verby is
Het hy himself aan 'n boom opgehang
My naam is Jacob Klipkop
Maar die naam is vir my gegee
Op die infantrieskool in Potchefstroom
Baie winters gelede
Nou Blikkies en ek ons vra nie veel
Maar net dat die mense
Vir ons sal uitlos
Dan sit ons so vir ure
Sonder om iets te sê
Maar ons dink hard en ons dink vêr
Tot daar
Anderkant die aand se stêr
In Owamboland se bos
Ja daar in Owamboland se bos
Maar ons dink hard en ons dink vêr
Tot daar
Anderkant die aand se stêr
In Owamboland se bos
Ja daar in Owamboland se bos