Die Gemmerbroodman-Piet Botha
DOLBY 杜比全景声 下载
臻品母带 下载
臻品全景声 下载
臻品音质
HIRES Hi-Res 下载
FLAC 无损flac 百度云网盘下载
APE 无损ape 格式下载
320MP3 极高mp3 歌曲下载
128MP3 标准mp3 百度网盘下载
192OGG 较高ogg 下载
192AAC 较高aac 下载
96AAC 标准aac 百度云下载
Loading...
TXT Die Gemmerbroodman-Piet Botha 文本歌词
Die Gemmerbroodman - Piet Botha
Haai ek is tog te oulik
Met my bakkies blink poleer
Whatever jy verdien ek verdien tog meer
En ek maak my bek oop
Elke kans wat ek kry
Want ek is so belangrik
Die wêreld moet weet van my
Hier kom die gemmerbroodman
Hy's 'n selfvoldane kalant
Maar oppas my ou maat
Want die ou spreekwoord praat
Elke boontjie kry sy loon
Jy gaan maklik terug in die oond
O die gemmerbroodman
O die gemmerbroodman
Haai ek is tog te oulik
Elke spieël sê dit vir my
En as ek iets wil hê sal
My bestuurder dit vir my kry
My naam in goue letters
Maak seker dis reg gespel
Daar gaan my foon alweer
Dis Rapport wat my bel
Want ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Van Gobabis tot in Bethlehem
En tot onder in die Kaap
Ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Ek tel my geld in die nag
As al die ander mense slaap
O die gemmerbroodman
O die gemmerbroodman
Haai ek is tog te oulik
Ek kan al die wyse manne kwoteer
Al het ek eintlik nie 'n clue
Ons moet almal probeer
En as dit nie wil werk nie
Dan sal ek jou gou vertel
Van hoe baie geld ek gemaak het
En wie onder my vriende tel
Hier kom die gemmerbroodman
Hy's 'n selfvoldane kalant
Maar oppas my ou maat
Want die ou spreekwoord praat
Elke boontjie kry sy loon
Jy gaan maklik terug in die oond
O die gemmerbroodman
O die gemmerbroodman
O die gemmerbroodman
O die gemmerbroodman
Die Gemmerbroodman-Piet Botha 推荐歌曲
Die Mamba专辑下载
(2008-07-01)